du Toit straat 13, Montagu, Wes Kaap

Locarno Sun Dried Fruit is gestig bykans 20 jaar terug op die gewilde R62 roete in die Klein-Karoo, Montagu. Voor die bestaan van Locarno het die boerdery alle droë vrugte, wat op daardie stadium basies net gedroogde appelkose was, verkoop aan die Suid-Afrikaanse Droë vrugte BK (SAD). Boere was destyds verplig om alle droë vrugte aan die SAD te voorsien. Locarno het die geleentheid gesien om droë vrugte direk aan die publiek te verkoop, toe SAD ‘n maatskappy geword het.

 

Locarno het hul produkte uitgebrei na paar soorte perskes en ook later begin om industriële graad suiker lekkers te produseer. Ons het toe besef dat ons Locarno se droë vrugte aan ander privaat maatskappye kan lewer en die eerste was, soos dit destyds bekend was, Fruit and Veg, nou bekend as Food Lover’s Market. Locarno het baie gou basies al Fruit and Veg se droë vrugte lyne verskaf onder andere vrugte lekkers, geskilde perskes, pere, gemengde vrugte en ook gedroogde tamaties. 

 

Vandag lewer Locarno Sun Dried Fruits steeds droë vrugte aan Food Lover’s Market, en ander maatskappye onder andere Checkers, Gaby’s Earth Foods, Cisco Foods, Giant Hyper en vele meer. Locarno het nogsteeds altyd gehou by sy rede vir ontstaan, om direk te kan verskaf en aflewer by kliënte. Weekliks word daar nog bestellings na privaat individue en besighede gekoerier regoor Suid-Afrika. Ons het opwindende vooruitsigtinge vir die volgende jaar met ‘n aanlyn winkel om Locarno se privaat mark uit te brei. 

 

Die ontstaan van Locarno sou beslis nie moontlik gewees het sonder die stigter, Coenie Burger nie. Coenie het vroeër jare die visie gehad het om vrugte te droog en so die geleentheid gesien om Locarno Sun Dried Fruits & Nuts te begin.  In sy awesigheid sal hy steeds ‘n ere posisie in die besigheid behou.